February 2012: Charity Run – Heidelberg & Nigel

We at Bikers 4 Kids would like to report back on our Charity Run to Heidelberg & Nigel.

Charity Run002

We started off with one family in Nigel, but with the donations streaming in from all over we could assist 20 more needy families and ended up including the Heidelberg community as well. These Heidelberg families where identified by A.G. Visser Primary School as families in need.

Charity Run003

Not all of the families could come out to the collection point and Mrs. Pamela Lee Holl from A.G. Visser Primary School and Janie Write from the community assisted us with the deliveries to those families.

Our last stop was at Nigel and we delivered food to this family.

Charity Run005

The donations we received made it possible for us to assist 21 families with food for hopefully one month!

Charity Run001

Yet another successful day!!

Desember 2011 – Danville Kersboom

Ons gee graag terugvoer oor die Kersboom projek te Danville wat plaasgevind het op 3 Desember 2011.

Die Bikers 4 Kids span het uit ‘n groep van 18 engele bestaan wat bereid was om hul Saterdag af te staan om ‘n groep behoeftige kinders van Danville se harte bly te maak.

Danville Kersboom001

Die span word by hierdie geleentheid ingewag deur die kinders en hulle ouers met ‘n opgewondenheid op hul gesigte wat duidelik uitstraal. Hulle sien uit na die verrigtinge om te begin. Een dogtertjie wil net weet hoe lank gaan sy nog vir kersvader moet wag.  Die span spring vinnig aan die werk en pak die geskenke en lekkergoed pakkies uit.

Ons het ‘n verrassing vir die kinders saamgevat in die vorm van ‘n waterwurm net om die afwagting vir kersvader se koms so bietjie te verkort. Van hulle was voorbereid en het reeds ‘n swembroek aangehad maar ander het sommer in hul klere die skuim bedekte waterwurm aangedurf. Daar was groot oë en toe knyp ogies, skaterlaggies en selfs ‘n traantjie gestort op die waterwurm.

Danville Kersboom003

Iaan Burden het ‘n kort maar kragtige boodskappie vir die kinders gehad van hoe spesiaal hulle is.

Kersvader het so net na 16:30 sy verskyning gemaak en die kids was opgewonde oor hulle geskenkies. Party van die kids het hulle vergaap aan kersvader en ander wou net niks weet om op kersvader se skoot te sit vir daardie geskenkies nie. Elkeen van die kinders het vir ons ‘n wenslysie deur gestuur van wat hulle graag van kersvader wil ontvang vir Kersfees. Onder die geskenke was teddiebere, stootwaentjies, poppe, karretjies, baba speelgoed, teestelle, mic & keybord, baba swembad, horlosies, helikopters, dart bord, army stelletjies, duvet, grimering, roompies vir tiener dogters en rugbyballe vir die tiener seuns.

 

Elkeen van daardie kids is daar weg met ‘n geskenkie onder die arm en ‘n glimlag op hul gesiggies.

Bikers 4 Kids span het verseker ‘n suksesvolle kersboom in Danville gehad en ons doel is vir die projek bereik.

November 2011 – Nylstroom Kersboom

Ons gee graag terugvoer oor die Kersboom projek te Nylstroom. Die Kersboom was die eerste van vele soortgelyke projekte wat Bikers 4 Kids aangepak het en dit op ‘n dag wat slegs een keer in ‘n eeu sal verskyn (11-11-11).

Die Bikers 4 Kids span het uit ‘n groep van 19 engele bestaan wat bereid was om hul Vrydag af te staan om ‘n groep behoeftige kinders van Nylstroom se harte bly te maak.

Klub Helpmekaar005

Met aankoms in Nylstroom tref ons die hitte golf maar word ons met ope arms ontvang deur Hannelie Vosloo van Klub Helpmekaar en hulle bederf ons met verversings en ietsie kouds om te drink.

Die span spring vinnig aan die werk en pak die geskenke en lekkergoed pakkies uit, slaan kersboom op, in afwagting van die eregaste (150 kindergesiggies). Dit gaan vinnig want almal sit ‘n handjie by.

Rion Pretorius het ‘n kort maar kragtige boodskappie vir die kinders gehad van hoe spesiaal hulle is. Tydens die program is daar selfs 2 BMW motorfietse opgeveil waarna die gelde aan Klub Helpmekaar geskenk is.

AMA Promotions het die klank toerusting voorsien vir Etiene de Koker wat bereid was om die kinders en ouers te kom vermaak. En watter talentvolle jong man is dit nie!! Hy het die ouers en kinders op hulle voete gehad met sy optrede. Daar was ook pryse gewen wat deur AMA Promotions geborg was. Baie dankie hiervoor.

Klub Helpmekaar001

Kersvader het so net na 15:00 in die bloedige hitte van die Limpopo gearriveer in sy volledige uitrusting en die kids was opgewonde oor hulle geskenkies. Party van die kids het hulle vergaap aan kersvader en ander het met oë vol trane hulle geskenkies by kersvader gaan afhaal. Daar was egter een dogtertjie wat geweier het om haar geskenkie by kersvader te gaan afhaal, nie te min het sy steeds haar geskenkie ontvang. Onder die geskenke was teddie bere, teestelle, karretjies, inkleure boeke met kryte, bord speletjies, visstokke, roompies vir die dogtertjies en rugbyballe vir die tiener seuns.

Elkeen van daardie kids is daar weg met ‘n geskenkie onder die arm en ‘n glimlag op hul gesiggies.

Bikers 4 Kids span het verseker ‘n suksesvolle kersboom in Nylstroom gehad en ons doel is vir die projek bereik.